Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Opdrag" deur HENRI LAURIE
"Opdrag" deur HENRI LAURIE [boodskap #40474] Do, 22 Maart 2001 03:24
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

OPDRAG
Henri Laurie

Om die klappers te verklap
en die geheime hoere uit hul laaie te lig
om elke sigaret oop te rol
om elke venster te ontsyfer.

Wie kan antwoord hê op die stomende son?
Daar lê die stof en die stilte,
en elders dreun die deure.
Of dit nou bloed of bloeisels is,
die swygende stilte moet blaker en kers.
Om die uiteidelike behoefte te groet,
om eens en vir altyd 'n eerbied te bekom,
muis te word in 'n trommelende spens,
om die drade en hoeke te span
en die oog sy belofte te lewer.

Dan kan ons in ons palms die toekoms voel,
en met ons voete soek vir vermistes,
dan kan ons daagliks die eensame son---
die lang son, die son van ons voorsate---
op ons skouers laai en in ons matte saai
en in elke gesprek oes en dors en maal ons
die vernederende verbystering van die onlangs
ontblindes.

Waarom vra jy nog waar die ooste is,
of die getal van jou sonde?

Dis tyd om te sien wat daar te sien is.
Vorige onderwerp: "Atisja en Dharmakirti" deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: 'n gedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:42:53 MGT 2024